Tuisblad Oor ons Jaarprogram Lidmaatskap Biblioteek Kontak

We Speak English ... Wir Sprechen Deutsch ... Wij Spreken Nederlands

E-pos aan die Voorsitter

Ons Geskiedenis

Die Afrikaanse Philatelistiese Vereniging van Pretoria is op 9 Augustus 1951 aan huis van wyle meneer en mevrou A.D. Bosman in Pretoria gestig. Die inisiatief het van mnr G.J. de Swardt uitgegaan wat een van die eerste persone was wat besef het dat daar baie Afrikaanssprekende seëlversamelaars was, maar dat daar nouliks geleentheid bestaan het om Afrikaanssprekende filateliste onderling kontak met mekaar te laat hou.

Die eerste voorsitter van die nuwe vereniging was mnr J.A. Erasmus en mnr de Swardt die sekretaris.

Die doelstelling van die vereniging was om filatelie te bevorder, om uitstallings te organiseer, ruilmoontlikhede te reël veilings te hou en veral om filatelie by die jeug aan te moedig. Afrikaans is die vereniging se voertaal.

Op 26 Oktober 1951 het die vereniging by die Federasie van Filatelieverenigings van Suidelike Afrika aangesluit. In Julie 1952 is met 'n rondsenddiens van boekies begin en vanaf September is ruilaande gereël. Daar is ook 'n nuusbrief ingestel.

Lede van die vereniging het aan nasionale en later ook internasionale uitstallings begin deelneem. Daar is ook onderlinge besoeke met ander verenigings gereël.

Na ruim 25 jaar, in 1977, is die grondwet en organisasie van die vereniging vir die eerste keer hersien om by veranderende omstandighede aan te pas. Dit is 'n toonbeeld van hoe "deeglik" sake 'n kwarteeu gelede aangepak is! Die naam van die vereniging is nou gewysig na die Afrikaanse Filatelievereniging van Pretoria (AFP).

Copyright 2000 - 2010 deur AFP
Hosting by Sulaco New Media
Maintained by L D Erasmus